Sqrindle
Droster in Algerië

Fiction & Literature

Droster in Algerië

Summary

Na sy ouers wreed vermoor is het 'n verterende wraak hom halfpad om die wêreld gevoer. Om weerwraak te neem moes hy uit Israel se vloot dros en homself by die Franse Vreemdelegioen gaan aansluit. Van Algerië na die Verre-Ooste volg hy vyand se spoor.

Price

USD $6.99

Card

DROSTER IN ALGERIE

Tydens straat onluste in Beiroet word die tienjarige Ismael se ouers wreed deur een van die fanatiese vegters met ’n kromsabel doodgemaak. Hy aanskou dit alles vanuit ’n skuiling en sweer weerwraak op die man met een van sy voete wat heelwat korter is as die ander.

As jong man in die Israelse vloot sien hy een aand in ’n Noord-Afrikaanse stad, dieselfde man weer raak waarop hy sy wraak wil afkoel. Hy kry nie die geleentheid om hom om die lewe te bring nie, maar hy sien egter dat die man nou in die Franse Vreemdelegioen is. Ismael dros uit die Israel se vloot en gaan sluit hom ook aan by die Franse Vreemdelegioen, in die hoop om die man daar raak te loop.

Tydens ’n operasie in Vietnam word Ismael deur skrapnel getref en beland hy in die hospitaal. Daar ontmoet hy die nooi van sy drome, maar sien terselfdertyd ook sy gehate vyand in ’n bed, ’n entjie van hom af. Weens sy seer been kan hy niks doen nie, maar die mooi verpleegster help hom om meer uit te vind van sy gehate vyand.

Terug in die Vreemdelegioen word Ismael op ’n volgende sending gestuur, waar hy al sy makkers verloor en dan daag hy op by ’n ander afdeling van Legioensoldate. Daar kry hy uiteindelik sy kans na tien lang jare van soek, om sy wraak finaal af te koel en die bloed van sy ouers so te wreek. Weens sy drostery uit die Israelse vloot en Vreemdelegioen word hy kort daarna deur die regering gearresteer en moet ’n regter oor sy lot beslis.

#SaharaAvontuurStories




  • Pieter Haasbroek
    26 Oct 2019

    Johan Nel se boek “Droster in Algerië” is ʼn merkwaardige Franse Vreemdelegioen verhaal wat jou sal aangryp en die emosies saam met die karakters sal ervaar. Die lewe is nie aldag maklik nie en soms uiters onregverdig en gevaarlik en dit het Ismael ook op die hardste manier moontlik, reeds vroeg in sy lewe geleer. Maar hy het nie gaan lê nie en wraak gesweer teen die man wat hom die onreg aangedoen het. Sy lewenspad neem hom halfpad om die wêreld, waar hy onder andere uit Israel se vloot mos dros en homself by die Franse Vreemdelegioen moes gaan aansluit, op soek na die persoon waarop hy sy wraak wil afkoel. Wanneer die nood soms op sy ergste is, is ook wanneer daar soms redding opdaag vanuit die mees onwaarskynlikste oord en Ismael het dit en meer nodig om in sy sending te slaag. ʼn Boek vol emosie en aksie en ʼn kykie na die mens se psige wanneer dit skade aangedoen word en hoe ver jy dan bereid is om dit wat verkeerd is, weer te gaan herstel of probeer herstel. Hierdie boek word dus sterk aanbeveel vir mense wat hou van aksievolle stories wat grootliks in die Sahara woestyn afspeel.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.

Also by same author:

View All