Sqrindle
Dans van die Dood

Fiction & Literature

Dans van die Dood

Summary

Leon Fouche alias Die Swart Luiperd deurkruis die digte woude van Afrika, op soek na aksie, opwinding en avontuur. Hy word vergesel deur sy perd Donker asook sy twee mak tiers, genaamd Simson en Spikkels.

Price

USD $4.99

Card

DIE SWART LUIPERD REEKS – DANS VAN DIE DOOD

Leon Fouche alias Die Swart Luiperd deurkruis die digte woude van Afrika, op soek na aksie, opwinding en avontuur. Hy word vergesel deur sy perd Donker asook sy twee mak tiers, genaamd Simson en Spikkels. Leon is slegs bewapen met ‘n pyl en boog en jagmes, maar dit is meer as genoeg vir hom en sy dieremaats om hul man te staan in die digte woude van Afrika, met al die gevare wat daar heers. Daar is vreemde en gevaarlike stamme, dodelike diere wat jou enige oomblik mag aanval, grootwildjagters en geselskappe wat onwettig kom jag, geheimsinnige skatte, verlore ryke en nog vele meer waarmee Leon en sy diere te doene kry.

Elke avontuur is gelaai met aaneenlopende spanning, aksie, avontuur en drama. Die reeks verhale is geskryf deur twee van SA se top skrywers van jare gelede en sal die opwindende reeks oud en jonk vasgenael hou voor elke storie tot dit klaar gelees is.

#swartluiperdstories




  • Pieter Haasbroek
    01 Nov 2022

    Braam le Roux (Abraham le Roux Botha) en Meiring Fouche (F.A. Venter) is die skrywers van die betrokke reeks. Abraham le Roux Botha (28/8/1918 - 31/12/1956) hy feitlik al sy boeke onder die betrokke skuilnaam van Braam le Roux geskryf. Hy is egter tragies oorlede op ’n jong ouderdom van 38 jaar. Na die vroegtydige afsterwe van Braam le Roux is Meiring Fouche genader om die reeks oor te neem en dit voltooi weens die gewildheid van die reeks toe dit die eerste maal verskyn het. Die reeks eindig toe met sewentig boeke. Toe die Swart Luiperd reeks gedurende die vroeë vyftiger jare die eerste maal uitgegee was, het dit so goed verkoop, veral onder die jong mense, dat die uitgewers die betrokke reeks meer as vyf maal uitgegee het in minder as tien jaar. Buiten die Swart Luiperd reeks het Braam le Roux ook verskeie ander sagteband stories geskryf, in ander ook baie gewilde reekse, soos bv. die Temmers van die Woestyn reeks, SA Polisie reeks en Swerwer Speurder reeks. Sy paar hardeband boeke was minder populêr, alhoewel dit vandag steeds gelees word deur ieder en elk. Vandag word Braam le Roux allerweë beskou as een van die grootste Afrikaanse storieverhaal skrywers wat die land nog opgelewer het. In sy kort leeftyd het hy meer as ’n honderd sagteband boeke en meer as tien hardeband boeke geskryf en dit ewenaar ander groot skrywers soos Meiring Fouche, Gerrie Radlof en Casper H. Marais (almal skuilname), wie dit egter ’n leeftyd geneem het om ook meer as ’n honderd boeke te kon skryf. Het Braam le Roux sy lewe lank boeke geskryf, sou hy vandag seker ongetwyfeld bekend gestaan het as die grootste Afrikaanse storieboek skrywer in Suid Afrika se geskiedenis. Beide Braam le Roux en Meiring Fouche is bekend as skrywers wat spanning en aksie hooggety kan laat vier en die betrokke Swart Luiperd reeks is geen uitsondering nie. Elke boek is ʼn uitstekende aksie-avontuur verhaal wat afspeel, hoofsaaklik in woude en vlaktes oral oor Afrika, maar ook op ander dele regoor die wêreld. Die hoof karakters is Leon Fouche, alias Die Swart Luiperd, sy vrou Sonet, Bennie hulle seun (eers later in die reeks), Donker sy perd en Simson en Spikkels, twee luiperds. Interessant is dat die luiperds in van die boekies as jagluiperds aangedui word en in ander weer as luiperds. Die algemene mening is dat dit luiperds was en nie jagluiperds nie, omrede jagluiperds in baie van die situasies waarin hulle beland het, nie die mas sou opgekom het nie. In meeste van die verhale reis die Swart Luiperd saam met sy perd en twee luiperds kruis en dwars oor die wêreld op soek na aksie en avontuur. Die Swart Luiperd is egter gekant teen vuurwapens en is dus net gewapen met ’n jagmes en pyl en boog. Verder kan hy ook soos ’n tipiese Tarzan van ouds vinnig deur die oerwoud beweeg, deur te swaai van tak tot tak aan bobbejaantoue. Die Swart Luiperd kry te doen met onder andere geheime beskawings, genadelose diere smokkelaars, obsessiewe gouddiewe, roekelose veediewe, skrikwekkende oerdiere, allerhande vreemde stamme en nog vele meer. Die betrokke reeks is vandag nog steeds hoog in aanvraag by alle ouderdomme, alhoewel minder mense vandag seker bewus is van die reeks wat tientalle jare gelede so uiters populêr was. Die aksie, spanning en avontuur in elke storie is deurgaans en maak die betrokke reeks iets besonders wat jou altyd sal bybly en soms laat wens jy was daar saam met die Swart Luiperd in sy soektog na nuwe avonture in die digte woude, bergagtige dele en plat vlaktes van Afrika.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.