Sqrindle
Die Tier van Siam

Fiction & Literature

Die Tier van Siam

Summary

Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.

Price

USD $4.99

Card

MAAGD VAN DIE SEE REEKS - DIE TIER VAN SIAM

Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer. Op 'n baie eienaardige en verassende manier kry hy 'n skip in die hande en dan begin sy plan in alle erns om te gaan soek na sy vrou, wat so wreed en onverwags van hom ontneem is. Daarna begin hy in alle erns seerowers opspoor.

In sy wedervaringe op see kry Simon Verbeeck en sy manne met verassings, verraad, skurkagtigheid en inhaligheid te doen, maar ook met dapperheid en lojaliteit. Al die verhale in die reeks is vol kanongebulder, swaardgekletter en van seemanskap op sy beste, tydens die seerowers era. Die stories wat geskryf is deur een van SA se top oorlede skrywers is so na die smaak van almal wat nog jonk van hart is en sal beslis nie teleurstel nie.

#MaagdVanDieSee




  • Pieter Haasbroek
    31 Oct 2022

    Dr. Frans Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 Julie 1997) het in swaar tye groot geword. In die tydperke wat hy geboer het, was dit hoofsaaklik gedurende die depressie jare en moes hy toe boonop ook verskeie droogtes trotseer. Hierdie swaarkry jare het hom egter die rypheid en vasbeslotenheid gegee om met sy wonderlike stories vorendag te kom, wat vandag steeds hoog in aanvraag is en sal bly. Niks was maklik in sy lewe nie en moes hy baie hard werk in sy lewe om daarvan ’n sukses te kon maak. Hy was nie iemand wat tyd gehad het vir nonsens nie. As ’n soort van alleenloper, wat nie veel ooghare gehad het vir allerhande tipe groepe nie, het hy egter groot waardering en respek gehad vir die natuur, sy taal, sy volk, sy geskiedenis en veral sy medemens. Dit was altyd vir hom ’n plesier en genot om wanneer hy iemand ontmoet het, dan eers ’n vinnige geselsie aan te knoop met die persoon, om so die persoon beter te leer ken as om geïnteresseerd te wees in wat die persoon vir hom moes of kon doen. Voorwaar ’n baie rare eienskap wat agting en respek afdwing. F.A. Venter was ongetwyfeld ’n fenomenale skrywer, wie se gelyke moeilik gevind gaan word. Sy skrywersveld was breed gewees en elkeen van sy boeke word moeilik neergesit voor mens dit nie eers klaar gelees het nie. Onder sy eie naam het hy net ’n paar boeke geskryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Meiring Fouche, Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Sy boek Man van Cirene word allerweë beskou as die gewildste en is kort na die verskyning daarvan ook in verskeie tale vertaal. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke! Hy het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en koerante en is sy boeke vandag nog steeds in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk. Wat hom so uniek gemaak het as skrywer is die feit dat hy met sy skryfstyl die uitsonderlike vermoë gehad het om met een sin of ’n paar sinne, vir mens ’n hele storie kon optower in jou kop waarmee jy kon assosieer of dit in jou geestesoog kon sien afspeel. Jy hoef net die eerste een of twee paragrawe van enige van sy boeke te lees, om dan dadelik vasgevang te word en vasgevang gehou te word in die gegewe storie, tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Tesame met uitstekende beskrywings van al sy stories, met die minste woorde moontlik, maak dat die leser geweldig uitsien om sy volgende boek gelees te kry. F.A. Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche het ook sy talent probeer met ʼn regte seerower reeks boeke en het toe ʼn uitstekende reeks die lig laat sien, getiteld “Maagd van die See”. Net jammer die reeks beslaan slegs nege boeke, want as mens eers die seerower stories begin lees het, wil mens net aanhou en aanhou. Soos ook in sy ander reeks boeke was Meiring Fouche in die betrokke reeks weereens op sy allerbeste en bring hy ʼn reeks uit wat enige tyd kan kers vashou by Gerrie Radlof se uiters gewilde “Oloff die Seerower” reeks van vier en twintig boeke. Aan swaard, pistool en kanon gevegte op see en land is daar geen tekort nie en hou elke verhaal jou vasgenael in die storie tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Vir diegene wat dus hou van aksie en avontuur op see en land en genoeg interaksies tussenin, is die reeks net die regte verhale om te lees en geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.