Sqrindle
Die Seekat

Fiction & Literature

Die Seekat

Summary

Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

Price

USD $6.99

Card

OERWOUDVALK REEKS - DIE SEEKAT

Hierdie verhaal is die tweede in die Oerwoudvalk reeks.  Ons het in die vorige boek reeds kennis gemaak met die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk.  Met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel, swerf hy deur die oerwoude van die Kongo en beleef die een interessante avontuur na die ander.

In hierdie verhaal begelei die Oerwouvalk die vyf Suid Afrikaners terug na Suid Afrika, na hul ontsnapping uit die Goudstad van Skeba.  Op pad terug sien hulle twee straalvegvliegtuie wat op mekaar skiet.  Die een vliegtuig word gou neergeskiet, maar die loods spring betyds uit met ’n valskerm.  Toe hulle hom ontdek is hy reeds sterwend.  Hy vertel hulle onder andere van Seekatmanne en ’n moeras vol wilde diere.  Kort daarna sterf hy en hulle ontdek toe ’n dagboek by hom, wat die sleutel hou tot sy geheim.  Die veiligheidspolisie roep eindelik die hulp van die Valk in om ondersoek te gaan instel.  Met die hulp van ’n pigmeë stam gaan soek hy na die nes van die Seekat-organisasie.

Op pad kry die Valk onder meer te doen met water olifante, krokodille wat hom aanval, vampier vlermuise en ’n aardbewing.  Hy kry ook die skok van sy lewe as hy ontdek dat iemand baie na aan hom in doodsgevaar verkeer.  Lees gerus die verhaal om te sien of die Valk die geheim van die Seekat gaan oplos.

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    22 Oct 2019

    Andreas Duplessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die betrokke reeks boeke is vandag bitter skaars en uiters gesog onder versamelaars. In die Oerwoudvalk reeks is die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. Van die stories speel selfs af in die oertyd toe vlieënde dinosourusse en ander oerdiere gelewe het. Die verhale is vol verassings en gebeure volg mekaar vinnig op. Vir lesers wat hou van stories heeltemal anders geskryf as die normale tendens daar buite, sal die reeks baie geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.