Sqrindle
Rewolusie in die Oerwoud

Fiction & Literature

Rewolusie in die Oerwoud

Summary

Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.

Price

USD $6.99

Card

OERWOUDVALK REEKS - REWOLUSIE IN DIE OERWOUD

In hierdie verhaal kry die Oerwoudvalk te doen met rewolusie, opstand, moord en brandstigting in die Belgiese Kongo.  Alles begin toe ’n Griek genaamd Poponoulis en sy gesin deur inboorlinge aangeval word.  Gelukkig vir hulle is die Valk toevallig in die nabyheid en kan hy hulp verleen.  Die oormag raak egter te groot en moet hulle later vlug.

Hulle oorleef die ongeluk en daar en dan besluit die Valk om uit te vind wie agter alles sit.  Hy hoor van nog mense wat vlug van al die geweld en maak dit sy doel om hulle betyds te probeer vind, voor almal uitgemoor word.  Gou kom die Valk op ’n sendingstasie af met ’n geheimsinnige draadomheining rondom.  Daar binne ontmoet hy ’n Biskop Gravalotte en dadelik besef die Valk dat alles daar nie heeltemal pluis is nie.  Skaars is die Valk daar weg, op soek na ’n klompie rolprentmakers wat ook verdwyn het, of die tamboere kondig af dat hy vermoor moet word.

Kolonel Fleerackers, hoof van die veiligheidspolisie, en twee van sy kollegas stel intussen ook ondersoek in na die onluste en word gevange geneem by die sendingstasie, deur twee fanatieke Russe.  In die Valk se soektog na almal, kom hy te staan teen ’n yslike leeumannetjie, wat hy slegs met kaal hande en ’n jagmes aandurf.  Groot is sy verbasing toe hy ontdek wie se lewe hy in die proses gered het.  Verder daag daar ook hulp vir hom op vanuit ’n totaal onverwagte oord.  Dit stel hom toe in staat om met hulle hulp, die Sendingstasie, waar al die onheil broei, te gaan aanval, sy vriende te gaan bevry en so die rewolusie te probeer beëindig.

#OerwoudvalkReeks




  • Pieter Haasbroek
    20 Oct 2019

    Andreas Duplessis is voorwaar ’n skrywer wat groot talent gehad het en is sy stories beslis van die heel beste Afrikaanse storieverhale wat ooit gepubliseer was. Sy Nar reeks wat afspeel in die goeie ou Kaap, kort na Jan van Riebeeck se era. Dit is boeke wat mens nie kan neersit voor mens dit eers klaar gelees het nie en na die tyd dink mens nog lank aan die verhaal wat jy so pas klaar gelees het. Hy het ook vele ander enkel spanning, aksie en riller boeke geskryf, wat almal treffers was sonder weerga. Andreas Duplessis se baie bekende Oerwoudvalk reeks het seker geen bekendstellig nodig nie en is seker die reeks wat die bekendste is by lesers wat tientalle jare terug die besondere reeks gelees het. Die betrokke reeks boeke is vandag bitter skaars en uiters gesog onder versamelaars. In die Oerwoudvalk reeks is die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, gewapen met net ’n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Daarmee deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende. Van die stories speel selfs af in die oertyd toe vlieënde dinosourusse en ander oerdiere gelewe het. Die verhale is vol verassings en gebeure volg mekaar vinnig op. Vir lesers wat hou van stories heeltemal anders geskryf as die normale tendens daar buite, sal die reeks baie geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.