Sqrindle
Die Maagd van die See

Fiction & Literature

Die Maagd van die See

Summary

Simon Verbeeck, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Hulle het hom nie alleen beroof van die Kompanjie skip waarvan hy kaptein was nie, maar ook sy beeldskone jong vrou weggevoer.

Price

USD $6.99

Card

MAAGD VAN DIE SEE REEKS - DIE MAAGD VAN DIE SEE

Simon Verbeek, die groot seeman met sy lang, swart hare en sierlike, swart baard, het oorlog verklaar teen alle seerowers. Want seerowers het hom nie alleen beroof van die Kompanjie-skip waarvan hy die kaptein was nie, maar hulle het ook sy beeldskone, jong vrou weggevoer.

Simon kon geen skip kry waarmee hy sy wraak tot aan die deur van die seerowers kon bring nie. Hy en sewe van sy bemanning beland toe een dag in ’n skuit in die Kaap van Storms, langs die Suidweskus van Suid-Afrika. In die woeste storm word hulle skuit omgekeer en is hulle toe aan die genade van die onstuimige see oorgelaat. Maar dan sien hulle ’n spookskip langs hulle verbyvaar wat geen bemanning aan boord het nie. Simon en drie van sy manne slaag wonderbaarlik daarin om aan boord te kom van die eienaardige skip. Hulle vind nie ’n lewende siel aan boord nie en alles lyk nog in perfekte toestand, buiten die seile en toue wat al erg deur die wind verniel is.

Dan hoor hulle ’n onaardse geskreeu van êrens af in die skip, wat klink of dit uit die dode kom en gee dit hulle die skrik van hulle lewe. Hulle maak toe ’n skokkende ontdekking wat wonderlike skatte in hulle hande lê, maar om dit in die hande te kry, sal hulle eers sekere geheime moet oplos. En dan vertrek Simon en sy troue volgeling Wilhelm Rieckert op die lang, lang reis waaroor hulle so lank gedroom het.

#MaagdVanDieSee




  • Pieter Haasbroek
    14 Oct 2019

    Dr. Frans Alwyn Venter (27 November 1916 - 8 Julie 1997) het in swaar tye groot geword. In die tydperke wat hy geboer het, was dit hoofsaaklik gedurende die depressie jare en moes hy toe boonop ook verskeie droogtes trotseer. Hierdie swaarkry jare het hom egter die rypheid en vasbeslotenheid gegee om met sy wonderlike stories vorendag te kom, wat vandag steeds hoog in aanvraag is en sal bly. Niks was maklik in sy lewe nie en moes hy baie hard werk in sy lewe om daarvan ’n sukses te kon maak. Hy was nie iemand wat tyd gehad het vir nonsens nie. As ’n soort van alleenloper, wat nie veel ooghare gehad het vir allerhande tipe groepe nie, het hy egter groot waardering en respek gehad vir die natuur, sy taal, sy volk, sy geskiedenis en veral sy medemens. Dit was altyd vir hom ’n plesier en genot om wanneer hy iemand ontmoet het, dan eers ’n vinnige geselsie aan te knoop met die persoon, om so die persoon beter te leer ken as om geïnteresseerd te wees in wat die persoon vir hom moes of kon doen. Voorwaar ’n baie rare eienskap wat agting en respek afdwing. F.A. Venter was ongetwyfeld ’n fenomenale skrywer, wie se gelyke moeilik gevind gaan word. Sy skrywersveld was breed gewees en elkeen van sy boeke word moeilik neergesit voor mens dit nie eers klaar gelees het nie. Onder sy eie naam het hy net ’n paar boeke geskryf. Ander skuilname wat hy gebruik het vir sy boeke was Meiring Fouche, Marius de Jongh, Elske te Water en Rene Stegman. Onder die skuilnaam Meiring Fouche skryf hy egter meeste van sy boeke en bereik gou groot hoogtes met veral sy vier trek boeke, Offerland, Gelofte land, Geknelde land en Bedoelde land. Sy boek Man van Cirene word allerweë beskou as die gewildste en is kort na die verskyning daarvan ook in verskeie tale vertaal. In totaal het F.A. Venter meer as negentig sagteband boeke geskryf en meer as veertig hardeband boeke! Hy het ook verskeie kortverhale geskryf vir tydskrifte en koerante en is sy boeke vandag nog steeds in aanvraag en uiters populêr by oud en jonk. Wat hom so uniek gemaak het as skrywer is die feit dat hy met sy skryfstyl die uitsonderlike vermoë gehad het om met een sin of ’n paar sinne, vir mens ’n hele storie kon optower in jou kop waarmee jy kon assosieer of dit in jou geestesoog kon sien afspeel. Jy hoef net die eerste een of twee paragrawe van enige van sy boeke te lees, om dan dadelik vasgevang te word en vasgevang gehou te word in die gegewe storie, tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Tesame met uitstekende beskrywings van al sy stories, met die minste woorde moontlik, maak dat die leser geweldig uitsien om sy volgende boek gelees te kry. F.A. Venter onder die skuilnaam van Meiring Fouche het ook sy talent probeer met ʼn regte seerower reeks boeke en het toe ʼn uitstekende reeks die lig laat sien, getiteld “Maagd van die See”. Net jammer die reeks beslaan slegs nege boeke, want as mens eers die seerower stories begin lees het, wil mens net aanhou en aanhou. Soos ook in sy ander reeks boeke was Meiring Fouche in die betrokke reeks weereens op sy allerbeste en bring hy ʼn reeks uit wat enige tyd kan kers vashou by Gerrie Radlof se uiters gewilde “Oloff die Seerower” reeks van vier en twintig boeke. Aan swaard, pistool en kanon gevegte op see en land is daar geen tekort nie en hou elke verhaal jou vasgenael in die storie tot jy die laaste bladsy in die boek gelees het. Vir diegene wat dus hou van aksie en avontuur op see en land en genoeg interaksies tussenin, is die reeks net die regte verhale om te lees en geniet.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.