Sqrindle
Bloedspore in die Sahara

Fiction & Literature

Bloedspore in die Sahara

Summary

Joos Janse bevind hom in die Franse Vreemdelegioen. Hy is op soek na wraak op 'n Arabiese leier wat sy sendeling broer jare gelede wreed vermoor het. Hy word uitgestuur na 'n ander Franse fort toe, as versterkings en dan daag sy geleentheid op...

Price

USD $6.99

Card

SAHARA WOESTYN REEKS  -  BLOEDSPORE IN DIE SAHARA

’n Bormoen Arabier stuur ’n boodskap aan Kolonel Ribrun van fort Dini Sadazi. Daarin versoek hy dat een van die ander Franse forte, genaamd Fort Ney dadelik ontruim moet word.

Kolonel Ribrun staan van sy manskappe af om Fort Ney te gaan versterk teen ’n moontlike aanval. Net toe die versterkingspatrollie die fort bereik, word hulle in die woestyn aangeval deur duisende Bormoen-ruiters. Hul mede soldate in die Franse fort word ook in dieselfde tyd aangeval en almal uitgemoor. Slegs dertig van die oorspronklike 120 man wat Fort Ney moes gaan versterk bly oor en word gevange geneem en na die Bormoen stad weggevoer, om daar gemartel en vermoor te word. Joos is een van die manskappe wat die aanval oorleef het en hy het ’n appeltjie te skil met die Bormoen leier, want hy het sy broer wat jare gelede sendingwerk daar gedoen het, wreed laat vermoor.

In die stad van die Bormoen leier kry Joos en twee van sy vriende hulp van ’n onverwagte oord en slaag wonderbaarlik daarin om uit die stad te ontsnap. Voor hulle egter ontsnap, slaag hulle daarin om ’n groot gevaar uit die weg te ruim, maar hulle hoor ook van ’n nog groter gevaar wat voorlê. Hulle vreugde is egter van korte duur, want die Bormoen Arabiere volg hulle meedoënloos deur die woestyn. Met slim sette slaag Joos en sy twee mede-soldate daarin om uit die hande van die Bormoen te bly. Net toe redding binne hul bereik is, word hulle weer gevang en die keer lyk dit asof die einde finaal vir hulle aangebreek het. Die Bormoen het egter nie rekening gehou met Joos se vernuftige brein nie en omring deur duisende Arabiere in die middel van die woestyn, kry die drie man iets ongeloofliks reg wat moontlik net die verskil tussen lewe en dood kan beteken.

#SaharaWoestynReeks




  • Pieter Haasbroek
    22 Oct 2019

    Daar is bitter min bekend omtrent die skrywer Sandbergh Beyers. So ver vasgestel het hy ʼn Sahara reeks van dertien boeke geskryf oor die wedervaringe van ʼn klompie Vreemdelegioen soldate wat diens gedoen het in die Franse Vreemdelegioen in die snikhete Sahara woestyn. Geen verdere inligting is bekend omtrent die skrywer of ander boeke wat hy geskryf het nie. Ten spyte van die ongenaakbare wêreld vol gevare, het die Sahara woestyn ʼn bekoring vir baie mense. Dit is daarom nie verbasend dat baie stories en flieks gemaak word wat in die onherbergsame deel van die wêreld plaasvind nie. Hierdie Sahara woestyn reeks van Vreemdelegioen soldate se ervaringe in die magtige Sahara woestyn, uit die pen van Sandbergh Beyers, is dan ook geen uitsondering nie. Hy het dit reggekry om ʼn uitstekende reeks van dertien episodes te skryf en gaan die leser onder andere sy beskrywings van die Sahara woestyn en verder al die drama wat daarin plaasvind, geweldig geniet. Voorwaar ’n uitstekende reeks wat nie sal teleurstel nie.


You can get % of commission by promoting my book, please signup to my affiliate program using the link below.
Payouts are after days of purchase.